Safety First

…die verskil tussen ‘n inbreker en ‘n moordenaar….

                                                                                                   …net n paar sekondes ..!!!


Intelligence in Farming het die oplossing voor die hand.  Ons toerusting maak jou omgewing ‘n veiliger leefruimte:

 

  …. toerusting om vuurwapen en flits byderhand, maar ook uit die oog te he, terwyl jy slaap!!!

 

 

WiFi gekoppelde kamerastelsels oral oor in jou huis of werksplek, wat jou waarsku die oomblik wat daar beweging is, stuur onmiddelik direkte uitsending video na jou telefoon en terselfde tyd word video opname gemaak.  Kamera het mikrofoon en speaker, dus kan daar en dan kommunikeer word direk deur kamera ook….  Werk uitstekend as daar geliefdes by die huis is en jy wil gou inskakel om te hoor of hulle nog reg is…via WIFI  of om onmiddellike beeldmateriaal te he indien daar vreemde beweging is.

 

Aksie Kameras wat buite in wind en weer monteer kan word, neem outomaties video materiaal op, wanneer beweging opgetel word…en versend na jou foon.

 

     

Hoe gehalte flits en kopliggies teen uiters billike pryse….

 

Donkerbril???  Ja… maar…. nie jou normale donkerbril nie… Die versteekte Hoe Definisie Video kamera gee jou die geleentheid om ‘n gebeurlikheid te verfilm-met klank- vir latere terugkyk…goed of sleg…!

Daar is nog ‘n paar produkte wat binnekort hier geplaas sal word.  Kom loer dus gereeld in op ons blad…

 

Hierdie week se Veiligheidswenk:

WEES PRO-AKTIEF EN BEPERK MISDAAD

Geleen van : Elize Viljoen – Stop Misdaad SA – SMSA
https://www.facebook.com/groups/398421070222501/

Die meeste van ons is deeglik bewus die misdaad- situasie tans in ons land. Talle van ons is reeds deel van die misdaadstatistieke. Sommige van ons meer as een keer. Sommige was gelukkig om met hul lewens daarvan af te kom, ander was nie so gelukkig. Niemand is nêrens meer veilig! Ons privaatheid word geskend, ons lewens word binnegedring deur kriminele elemente van alle kante af! Ons word beroof, gemartel en vermoor! Behalwe vir lewensverlies en emosionele trauma, moet slagoffers die enorme finansiële impak van hul verliese ook dra. Hoe kan ons, onsself beter beveilig? Hoe kan ons hierdie aanvalle teen ons afweer? As ‘n krimineel in jou huis wil kom, vind hy ‘n manier, maar ons kan dit tog moeiliker vir hom maak deur pro-aktief te wees en die middele tot ons beskikking te gebruik!

INBRAKE KAN VOORKOM WORD:

■ Soveel mense het diefwering voor die vensters, maar die vensters staan oop. So maklik om daardie stuk diefwering net af te saag en toegang tot jou huis te kry.

■ Veiligheidshekke is daar, maar dit staan oop.

■ Motorhekke word nie gesluit.

■ Alarmstelsels is in baie gevalle teenwoordig, maar dit word nie geaktiveer.

■ Gordyne word van vensters weggetrek en al wat krimineel is kyk in jou huis en sien wat daar gesteel kan word.

 

 

 

 

■ Mense koop Plasma’s en duur elektroniese toerusting en die verpakkings daarvan word buite op die sypaadjie gegooi vir elke krimineel om te sien.  Prentjie geleen by ADT, met dank!

■ Buite is geen buitelig en al die ligte brand saans in die huis. So maklik vir ‘n krimineel om deur jou venster te kyk en jy sal dit nie eers weet nie.

Dis hartseer en tragies dat ons almal nog steeds dink ons is vrygestel van misdaad tot een dag, dan tref dit ons! En ons sit met trauma en verliese, hetsy lewensverlies of finansiële verlies.

FEITE OMTRENT INBRAKE

■ ‘n Groot persentasie van inbrake vind plaas as gevolg van “inside info”. Bediendes, tuinwerkers, tuindienste… Hierdie mense het toegang tot jou eiendom en hulle praat uit! Gaan kyk gerus by hoeveel mense al Plasmas, skootrekenaars en selfone gesteel is waar daar bediendes in die huis werk. Ons kan niemand vertrou, al werk hul hoe lank vir ons! Al bedoel hul nie om misdaad te bevorder as hul vertel van als wat jy in jou huis besit nie, hul praat tog uit daaroor en dit val net op die verkeerde ore! Hul moet duidelik verstaan, dat hul NIE uitpraat oor wat in jou huis is nie.

■ ‘n Inbreker stap nie net vanaand by jou huis verby en besluit op die ingewing van die oomblik hy gaan nou inbreek nie. Jy en jou roetine word vir ‘n lang tyd baie fyn gemonitor en jy weet dit nie! Hierdie inbrake word vooraf haarfyn beplan en uitgevoer! Jou roetine gee jou weg! Hy weet wanneer jy ry en naastenby wanneer jy terugkom. Hy ken elke beweging wat jy maak. Hy sien jy het ‘n alarm, maar dit word nie geaktiveer. Hy sien al jou buiteligte is af… hy sien daai een enkele swak plekkie waar hy kan inkom! Hy sien dat jy nie paraat is nie.

■ In talle gevalle van inbrake, is daar vooraf tekens voor of by jou huis gelaat en jy weet dit nie. Dit gebeur nie in alle gevalle nie, maar dit gebeur. Jy dink dalk die leë koeldrankbottel of stukkie lap of plastiek voor jou huis is slegs rommel, maar dit kan net sowel kommunikasie wees tussen die kriminele. Ons moet leer om op te let na sulke dinge, dis nie net gerugte of bangmaak- stories nie, dit gebeur daagliks! Talle mense is al aangeval en vermoor en daarna is daar tekens gevind wat dit vooraf voorspel het.

HOE MAAK MENS?

► Wanneer jy jou huis verlaat en jy is bevoorreg om ‘n alarmstelsel te hê, aktiveer hom, al gaan jy slegs gou kafee toe. Dit neem hulle etlike minute om toegang tot jou huis te kry. ‘n Alarm kan jou ten minste waarsku daar is ongeruimdhede in jou huis. Doen jy dit nie en jy betrap daardie mense in jou huis, is jy ernstig aangerand of dood! Indien geen alarm, maak alle vensters toe en sluit al die deure van jou huis.

► Kyk ALTYD uit vir iets buitengewoon. Kyk vir mense wat rondstaan naby jou huis. Verwyder daardie stukkie rommel wat rondlê eerder want jy weet nie of dit net rommel is en/of jou huis gemerk is nie! Wys dat jy bewus is van jou omgewing!

► Moenie lee kartonbokse van jou aankope op die sypaadjie uitstal. Verbrand dit eerder agter in jou erf!

► Verander jou roetine. Probeer om nie dieselfde roetine elke dag te volg nie. Verander roetes en tye!

► Hou jou vensters toe in die vertrekke waar jy nie kan sien nie.

► Hou jou veiligheidshekke te alle tye gesluit.

► Hou gordyne in vertrekke toe wat veral na die straat se kant wys en wanneer tuindienste of jou tuinier in die tuin werk, hou alle gordyne toe!

► As jy buiteligte het, skakel almal saans aan en hou die minimum ligte binne die huis aan. Jou bewegings word van buite af fyn dopgehou.

► Saans voor jy gaan slaap, maak seker dat daardie venster in die vertrek waar jy was, behoorlik toe is. Veral die badkamer en toilet- vensters. Soveel toegang word daar verkry.

► Sorg dat alle tuingereedskap veilig weggebêre is. Ek sien hoeveel keer dat mense grawe en tuinvurke buite los. Dis wapens in die hande van ‘n krimineel!

► As jy kuier met vriende, dalk agter in jou erf… sorg dat die voordeur toe is en gesluit is. As ons kuier is ons nie paraat nie, ons laat slap lê! Kriminele buit juis daardie tye uit.

► As jy gaan slaap en jy kan jou kamerdeur sluit of jy het ‘n veiligheidshek in die gang, sluit dit! Wanneer jy in jou diepfase slaap ingaan hoor jy niks! Hulle sal jou uitdra uit die huis en jy sal nie weet nie.

► Diegene wat dit kan bekostig, installeer ‘n veiligheidshek voor al die kamerdeure. Laat dit eerder voel jy is ‘n tronk as wat jy diep in die buik van aarde neergelê gaan word as gevolg van misdaad en jou geliefdes nalaat met al die hartseer!

► Wanneer jy weg was en terugkom, kyk waar is jou honde as jy het, let op hulle gedrag. As jou honde altyd na die hek toe hardloop as jy tuiskom en hul is nie daar, dan moet jy weet daar is ‘n probleem iewers.

► Probeer sover jy moontlik kan om groot struike en bome so te snoei sodat jy kan sien wat onder of agter dit aangaan. Soveel kriminele wag jou in agter daardie pragtige struik of boom in jou tuin.

► Moet nooit jou sleutels in die veiligheidshek of deure laat nie.

► Hou jou motor- en huissleutels buite bereik van oop deure en vensters.

Deur pro-aktief te wees kan ons veiliger lewe! Ons veiligheid begin by ons en voorkoming is beter as genesing. Ons sal egter moet opofferings maak ten opsigte van ons eie veiligheid en hierdie denkwyse van “dit sal nie met my gebeur” uit ons gedagtegang verban.

Wees veilig, paraat en kyk wyd!